|
Post by Admin on Jul 2, 2013 8:28:24 GMT 2
Op 15 Junie 2013 het meer as 36 miljoen Iranese die stemlokale vol gepak vir die 2013 Presidentiële verkiesing, 24 uur later is die aankondiging gemaak dat herformer Hasan Rowhani verkies is as die nuwe president van Iran.
Die 'boogieman of Tehran' Mahmoud Ahmadinejad is wetlik verban om vir 'n derde termyn te staan vir President. Na 8 jaar onder die so genaamde 'boogieman' het Iran uiteindelik 'n nuwe president verkies.
Die vraag staan nou; Wat lê in die toekoms vir Iran?
Die probleem in Iran bly die feit dat die grootste beheer oor die land nie in die hande van Hasan Rowhani is nie, maar in die hande van "Supreme Leader" Ayatollah Ali Khamenei en die "Revolutionary Guard". Alhoewel die Fars nuusagentskap geskryf het dat Khamenei gesê het; "The true winner of yesterday's election is the great nation of Iran that was able to take a firm step with God's help,"
Wat dink jy oor die toekoms van Iran? Sal dit beter gaan nou dat daar 'n nuwe president is?
Die Aljazeera nuus se berig oor die verkiesing kan hier gelees word.
|
|