|
Post by Admin on Jul 11, 2013 7:59:08 GMT 2
Die hoofnuus wat Suid-Arikaanse koerante oorheers, is nie juis nuus waroor 'n mens 'n gesprek wil voer nie. Dit was 'n werklike uitdaging om 'n aktuele kwessie te kry om oor te skryf.
Ek het uiteindelik af gekom op 'n "blog-enry" oor die "ou" manier van kerk hou en kerk wees, teen die "nuwe" manier.
Hierdie gesprek is een wat gereeld sy kop uit steek, selfs in my eie huis, die geveg tussen hoe die "ou mense" kerk hou, en hoe die "jong mense" kerk hou, die proses van vernuwing, en tegnologiese bevordering, en kleredrag in kerke.
Deesdae het ons iPads, en kerk musiek groepe wat die sang lei, en jongmense wat in kortbroeke en plakkies kerk toe kom. Een van die argumente is dat "Dit nie is, hoe dit moet wees nie"
Ek het al op verskeie geleenthede gesien, hoe van die ouer en wyser lede van die gemeente, op staan en die kerk verlaat as hulle sien daar staan musiek toerusting voor in die kerk, of as die jongmense in die kerk in stap. dit is hartseer om dit te sien, want ons is tog almal lidmate van die kerk, vele dele van die liggam van Christus.
*Hierdie is ook een van die motiverings agter hierdie forums: Om ons ouer en wyser lidmate en die jongmense te verenig in 'n gesprek wat gaan oor aktuele kwessies in ons kerk en in ons land.
MAAR Wat is jou opinie oor vernuwing in die kerk? Het hierdie "nuwe manier" 'n plek in die kerk of is dit beter om net te hou by dit wat ons weet werk?
|
|
|
Post by Renette on Jul 11, 2013 8:54:45 GMT 2
Nie alle vernuwing is altyd goed nie... of so voel ek... mens se liggaam bly tog nog steeds 'n tempel van God en kan ons dan nie maar netjies aantrek nie daar is 'n tyd en plek vir alles plakkies en kortbroeke het hul plek maar vir my nie in die kerk nie... so ook musiek en baie ander dinge moenie net alles wil verander om die jongmense te pas nie... elkeen moet aanpassings maak in die lewe so dan die jongmense ook om by die kerk in te pas... dis nie 'n sirkus nie maar die Huis van die HERE
|
|