|
Post by Admin on Jul 16, 2013 7:19:17 GMT 2
Vandag is wel Dinsdag, maar hierdie topic is al Sondag gebore.
Normaalweg is die forum vir die dag oor 'n gebeure in die nuus, of nuus in die kerk, maar vandag, is dit iets direk uit die Bybel.
Marais het gepreek oor die lewe van Dawid. Dawid, die man na God se hart. Dieselfde man wat vir 16 maande in sonde geleef het, hy was ‘n leuenaar en ‘n dief. Hy het werklik gesondig teenoor Jesus, en tog sê God dit is ‘n man na aan Sy hart.
In een sin, staan Dawid op se knieë en pleid omvergifnis by God, in die volgende sin neem hy weer sy posisie in onder God se oë ... Dit is een van die spesiaalste verhale wat jy ooit sal lees, die verhouding tussen Dawid en God.
Die punt waarby ek wil uit kom , is die vraag waarmee iemand anders my tot stilstand gebring het sondag aand: Kan dit regtig so maklik wees? Is dit so maklik om een oomblik vergifnis te vra, en die volgende oomblik neem jy weer jou plek aan God se voete in?
Ek weet Marais het die vraag in sy staaltjie beantwoord ... maar wat is jou opinie?
|
|