|
Post by Admin on Sept 12, 2013 8:46:49 GMT 2
Praat God met sy kinders?
Die vraag word so gereeld vir ons as Christene gevra ... Praat God regtig met sy kinders?
Tensy God se stem, werklik hoorbaar na jou toe kom, word die sagte stem van die Heilige Gees so maklik oorweldig deur ons eie gedagtes en probleme, die opinies van mense om ons en selfs jou ma/pa se stem. tog weet ons dat God met sy kinders gepraat het in die Bybel, in Genesis 6 praat hy met Noag, Hy sê vir Hom om die ark te bou, en Noag is onmiddelik bewus dat dit God was, tog kan ons as mens dit nie altyd so goed hoor nie en ons mis die wil van God.
Job 33:14 sê "God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed."
So die vraag staan nou so; Praat God VANDAG nog met sy kinders of (soos ander mense sê) verbeel ons onsself dat ons iets hoor?
|
|
|
Post by Renette on Sept 12, 2013 9:47:49 GMT 2
Ons luister nie altyd nie vra nie regtig nie en glo ook nie regtig nie... daarom hoor ons nie die stem van die Here nie... as ons gaan stilsit en tyd maak om te gesels met God en lank genoeg stil raak sal ons sy stem hoor
|
|
thea
New Member
Posts: 5
|
Post by thea on Sept 20, 2013 5:05:35 GMT 2
Beslis praat Hy. Op baie maniere. Ons wil nie altyd Sy antw hoor nie wAnt dis nie altyd wat ons wil he nie. Maar die feit dat Hy praat. Beslis!
|
|