|
Post by Kerkewerker on Sept 19, 2013 21:03:40 GMT 2
Mense het almal hulle eie opinies, dit is hoe dit werk.
Die een ding waroor almal 'n opinie het, maar niemand 'n opinie wil lig nie is homosexualiteit. Daar is berigte orals van homosexuele paartjies wat trou en wil saam leef ens.
Die grootste probleem, is dat die wêreld en die mense dit so goed praat dat dit nie die aandag geniet wat dit moet nie.
Wat is julle opinie oor homosexualiteit, homosexuele verhoudings en veral homosexuele huwelike.
|
|
thea
New Member
Posts: 5
|
Post by thea on Sept 19, 2013 22:21:32 GMT 2
Daar is baie opinies. Mense wat dit goed keur en mense daarteen. Ek loop al lank met die ding. En toe kom ek tot de gevolgtrekking. Ons verhouding met Jesus is n huwelik. Ons is tog Sy bruid. Hy se dit self Hy kom terug om sy bruid te kom haal. Die vyand verdraai alles wat Jesus ons gee. Van die begin van tyd af is dit sy doel. Hoekom sal hy die huwelik spaar. Dit is dan n Goddelike Instelling tussen man en vrou. N verbond word gesluit. Die vyand is daarop uit om die mens te vernietig. En as hy die huwelik vernietig vernietig hy geslagte wat kom. So ja, mens kan dit mense regte noem. En.... En... Dit is beslis nie hoe God die huwelik sien nie. En Hy kan nie so "huwelik" seen nie. Want dit sal beteken Hy moet teen Sy woord gaan en Hy kan nie.
|
|
|
Post by JoshuaGen247 on Sept 19, 2013 22:53:55 GMT 2
Die is nogal waar thea, maar as albei partye die wil van God soek, en sy teenwoordigheid in hulle huwlik wil sien, sou 'n mense hulle dan nie toelaat om in 'n huwelik in te tree nie? Die Pous het dan self gesê, ss twee mense, hetsy man/man, vrou/vrou of man/vrou wil in 'n huwelik intree en hulle albei wil God se wil nastreef, wie is ons om hulle te oordeel?
|
|
thea
New Member
Posts: 5
|
Post by thea on Sept 20, 2013 5:02:05 GMT 2
My mens die pous se baie dinge! Doen jouself n guns en gaan kyk wie is die pous, en waarvoor staan hy$ as jy wil kan ek jou n naam gee. Mark woodman bv het goeie teachings oor dit. En nee! Ek stem nie saam nie. Twee mense vd selfde geslag mag en kani in huwelik staan. As hulle die wil van God soek sal hulle self uitvind dis n no go. Dis absoluut die vyand wat hulle verblind.
|
|
|
Post by JoshuaGen247 on Sept 20, 2013 6:52:44 GMT 2
Okay, thea, jy maak 'n goeie punt, ek voel net 'n mens moet hulle ook net hulle plekkie onder die son gun, dit is nie ons plek om te oordeel nie, op die ou einde gaan ons almal voor God moet staan en antwoord op ons dade in ons tyd op aarde.
|
|
thea
New Member
Posts: 5
|
Post by thea on Sept 24, 2013 5:39:57 GMT 2
Ek oordeel nie die mens ek stem nie saam met wat hulle doen nie. Jy's reg. Elkeen sal self verantwoording moet gee oor hy of sy dade. Ek bid dat elkeen wat die leuen glo en leef in een se oe oopgaan. Genade die vyand maak en breek soos hy wil en ons christene laat dit toe!
|
|