|
Post by Mannfried on Dec 6, 2013 9:43:40 GMT 2
'n Paar maande terug het julle op die forum geskryf oor mense se vrees vir die dag wanneer oud Pres. Mandela sterf, die dag het nou aangebreek. Vanoggend het ek die op die beeld se webblad die berigte hieroor gelees. Beeld gee die mense wat ingeteken is, die geleentheid om kommentaar te lewer op enige van die berigte, en om eerlik te wees, die mense se kommentaar is skokkend. Die berig se kommentare lyk so: Om te sê "Mag God ons help" maak nie die kommentaar enigsins beter nieNou mense, of jy nou gehou het van dit wat hy gedoen het of wie hy was of nie, dit maak nie saak nie, 'n mens het 'n bietjie common decency, en toon respek tot die man. Hy het 'n groot impak gemaak in baie mense se lewens, reg rondom die wêreld. Ja almal maak 'n groot deal daarvan dat hy dood is, maar laat hulle toe om op hulle manier te rou. As jy nie iets goed het om te sê nie, hou dit dan eerder vir jouself. Hy het goed en sleg in sy lewe gedoen, ons almal doen, maar ons toon die nodige respek vir hom, ongeag hoe jy oor hom voel. Mannfried
|
|