|
Post by Admin on Jan 14, 2014 7:04:23 GMT 2
Ek wil begin deur net te sê; welkom terug na die vakansie, ek hoop julle het almal lekker vakansie gehou.
In die vakansie tyd het ek baie begin om nuwe vrae te vra, vrae oor die kerk, die geloof, en Christenskap oor die algemeen, aktuele vrae, oor myself, en my generasie. Ek kom toe af op hierdie stelling deur 'n bekende spreker, en dit word toe die basis vir my vraag vir vandag: "My generasie is die mees vaderlose en onseker generasie wat ooit geleef het, en ons is bereid om alles op te offer as ons net kan hoor dat iemand ons lief het." Stem jy saam met hierdie stelling? Hoekom?
|
|
|
Post by lillyrose17 on Jan 14, 2014 7:52:57 GMT 2
Vaderloos ... Onseker .... Ja beslis een van die dinge wat ons generasie jong mense ongelooflike baie mee te doen kry asook daarmee moet "cope". Gesinne, liefde en omgee is van die belangrikse faktore in 'n jong mens se opvoedding. Waneer die dinge nie in plek is nie is dit buite God se plan en kan tot so veel seer ly. Ons leef in 'n gebroke en ongelooflike rebelse generasie, en die groot rede daarvoor is die afwesigheid van ouers, een of albei, en die gesag en nodige respek word nie meer in huishoudings uit geoefen nie.
Hoeveel tienner gaan soek dan aanvaarding op ander plekke nie. Hoeveel tieners is dan nie self ook ouers wat nog minder van 'n stabiele omgewing kan bied nie ? Hoeveel besluit om hulle eie lewens te neem omdat dit nie meer die moeite werd is om te lewe nie want daar is geen liefde of aandag nie. Baie mense sal se dit is net soek na aandag wat dit seker eintelik is , maar kyk wat doen dit. Dit maak die bose kringloop net groter en groter.
Ons moet huishouding baseer op dit wat God dit gemaak het om te wees. Hy weet hoekom daar 2 ouers moet wees wat vir mekaar lief is en genoeg verantwoordelikheid kan neem om kinders groot te maak. Hierdie gaan 'n verandering in ons generasie moet wees.
|
|