|
Post by Admin on Apr 2, 2014 6:48:46 GMT 2
Dit is alweer 'n maand vandat ons die laaste keer iets op die forum kom skryf het. Dit is maar besig, hier van die administrasie se kant af.
Ons het nou al meer as een sondag oggend iets absoluut skokkend beleef, en dit het nogal 'n gesprek afgegee onder ons.
Die belewenis was dit: Ons het gesien hoe meer as een lidmaat in die kerk in stap, die kerk blaadjie neem, kyk wie preek, en dan weer om draai en weg stap uit die kerk uit. Een van die persone het nogal vir sy vrou gesĂȘ "ag nee, kyk, Ds. xxxx preek alweer, kom ons loop"
Die groot vraag waarop ons nou neer geskom het is hierdie een: "Kom ek kerk toe om na die predikant te luister, of kom ek kerk toe om na die boodskap te luister?" Net om dit duideliker te stel, gaan dit oor die predikant of die boodskap wanneer ek kerk toe gaan? Is my opinie oor die predikant so belangrik, dat ek op 'n sondag oggend, die gemeenskap van gelowiges misloop, die boodskap mis, die risiko neem om dalk 'n afspraak tussen my en God te mis, bloot omdat ek nie van die predikant hou nie?
Groete in Christus Admin
|
|