Post by Admin on Jun 27, 2013 7:36:56 GMT 2
Vandag se gesprek is gebore uit 'n berig in vandag se koerante .... 'n Werklike probleem in ons eie land
Die berig kan ook hier gelees word
Wat dink jy van die probleem? Is dit werklik 'n probleem? Is ons reg vir wat okal wag wanneer Oud Pres. Nelson Mandela wel sterf?
MANDELA: NASIE HOU ASEM OP
‘Vrees laat wit mense wegbly’
Donderdag 27 Junie 2013
Wit mense is bang vir wat gaan gebeur ná oudpres. Nelson Mandela se afsterwe en bring daarom nie hulde aan hom buite die Pretoria-harthospitaal nie.
Dit is volgens ’n berig van France 24.
In die berig sê Charlotte Boitiaux “amper geen wit mense kom na die hospitaal om eer te betoon nie”.
Volgens haar is swart mense buite die hospitaal kwaad omdat daar nie wit mense is nie.
Volgens haar het ’n veiligheidswag gesê: “Hulle is bang omdat hulle weet dat dinge gaan verander wanneer Mandela sterf.”
Sy het geskryf dat die “enkele wit gesig in die skare” gesê het daar is steeds rassespanning en dat apartheid nog nooit in Pretoria opgehou het nie.
Reuters berig Mandela is Suid-Afrika se “pilaar van vrede” en dat ’n omstander by die hospitaal gesê dis ’n moeilike tyd vir Afrikane.
Ook die BBC en The New York Times het verwys na rassespanning en na Mandela as Suid-Afrika se eerste swart president.
M.S Prabhakara, ’n Indiese veteraanjoernalis, het teen die BBC uitgevaar.
Prabhakara het ’n ruk lank as buitelandse korrespondent vir die Indiese koerant The Hindu in Suid-Afrika gewerk.
Prabhakara het in ’n brief aan dié koerant geskryf dit is afskuwelik om te verwys na die eerste swart president.
Dit sal baie meer akkuraat en politiek korrek wees “om na hom te verwys as Suid-Afrika se eerste president wat in ’n demokratiese verkiesing verkies is”.
– The Guardian