|
Post by Admin on Jul 9, 2013 7:24:19 GMT 2
Ek probeer elke dag tussen al die nuus berigte, iets soek wat 'n bietjie goeie nuus is vir ons. Iets wat 'n bietjie jou dag kan verbeter in plaas daarvan om jou hart te laat sink in vrees. Vir die eerste keer, is daar iets goed wat ek kan deel. Al die koerante is vol gepak met verskeie berigte oor die situasie in Egipte, vervolging in Egipte ... Die lys hou net aan en aan. Vandag deel ek graag hierdie berig, dit handel oor die wyd verspreide samewerking tussen Moslems en Christene in Egipte. Die berig kom na verskeie protes optogte teen Pres. Mohammed Morsi gehou is. Verskeie politieke leiers, nuuslesers en ander joernaliste het berig dat Christene en Moslems saam in die protes deel neem, omdat hulle almal saam ly onder die (nou voormalige) President. Dit is nou wel nie die beste omstandighede waaronder die samewerking plaasvind nie, maar, die blote feit dat Christene en Moslems "vreedsaam" saam werk is goeie nuus vir alle Christene. Dink jy hierdie is moontlik die teken dat Christene en Moslems wel in vrede kan saam leef, of is dit net omstandighede wat mense vorseer om saam te werk? Die volledige berig kan hier gesien word
|
|