|
Post by Admin on Jun 24, 2013 8:06:38 GMT 2
Ek weet dat baie mense alreeds hiervan weet, maar ek wil dit graag ook hier oop stel.
Die jeug, onder leiding van Ds. Marais Hendriksz, is op hierdie stadium op uitreik na die Eiland Spa in die Limpopo Provinsie.
Die uitreike in ons gemeente het 'n reputasie, vir die groot impak wat dit het op die span se lewens. Ons kan nooit uitgepraat raak oor hoeveel die span verander tydens hulle uitreik nie, en dit is wonderlik hoe Die Heilige Gees in hierdie tyd met hulle werk.
Ek weet dat Linda vir verskeie persone as gebedsvennote op hoogte hou van die gebeure by die Eiland, maar ek glo dat elke gebed 'n verskil maak in die omstandighede waarin hulle is.
Bid asseblief saam met ons vir die sukses van hierdie uitreik, en vir die veranderinge in die jongmense se lewens.
Mag ons Hemelse Vader jou seën in hierdie dag.
|
|