|
Post by Admin on Jul 18, 2013 8:05:11 GMT 2
Laster - Sommer oor die algemeen.
So 'n paar dae terug het 'n vriend van my, geskrywe op facebook oor mense wat laster in films, en hoe ons as Christene moet optree in sulke situasies. Nadese het ek gaan ondersoek instel, en regtig gesoek na films wat kan lei tot so iets.
Onder andere, is daar 'n film - jy kan die naam by my kry as jy wil - wat meer as 300 keer van laster (vloek) woorde gebruik maak, op wyses wat 'n normale mens sal nagmerries gee. 'n Predikant uit Amerika het uitgewys, hoe 25% van die dialoog in films deesdae uit laster bestaan.
Vat selfs as 'n voorbeeld net jou braai op 'n Saterdag middag, die verskynsel dat ek myself tussen normale God vresende mense bevind, en die "f-woord" amper in elke sin voor kom. Se Die Woord nie in EFESIËRS 4:29: Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom," nie?
Wat my vriend voorgestel het, is dat ons uit stap uit so 'n film of gesprek uit, uit respek vir onsself en ons God.
Dink jy dit is moontlik, vir ons, as Christene, om die aktiewe besluit neem, om op te staan vir onsself en ons God, Sy woord te onderhou en eerder uit te stap uit so 'n gesprek of film uit?
OF
Is ons so gewoond daaraan dat ons dit bloot ignoreer?
|
|