|
Post by Admin on Jul 23, 2013 7:52:28 GMT 2
Die soeke na gesprekke raak moeiliker elke week, plaaslike koerante word oorheers deur politiek, en nuus oor bekendes.
Vandag se gesprek kom sommer vanuit my eie hart, dit is die vraag wat hulle elke jaar vir die jeug vra, en dit is 'n vraag waarmee 'n man my vandag geskok het. Dit het my geskok, omdat ek moes dink voordat ek hom kon antwoord.
Sy woorde aan my was: "As hierdie God van jou werklik bestaan, en so groot en sterk is, hoekom doen hy nie meer die wonders wat jou bybel sĂȘ hy gedoen het nie."
Die vraag het half my wind weg geslaan, en my laat terug sit en wonder oor die wonders wat Hy doen. Die kleinste dingetjies waarvoor Hy sorg, en die antwoorde wat ons kry op ons gebede, selfs die blote feit dat ons kan lewe op hierdie aarde ...
So dan nou my gesprek vir vandag is maklik ....
Doen God nog wonders in ons allerdaagse lewe? Of sien ons net nie die wonders raak nie, omdat ons dink dat 'n wonder iets groot moet wees wat almal kan sien?
|
|
thea
New Member
Posts: 5
|
Post by thea on Sept 24, 2013 6:09:27 GMT 2
Beslis! My God (ons God) doen elke dag wonder in my lewe. Ek dink die feit dat ons minder dit sien is dalk omdat ons gewoond raak daaraan of verwag dit moet so wees. Die "lack of" groot wonders is ons eie skuld. Gebrek aan gellof dalk?
|
|