|
Post by Admin on Aug 27, 2013 9:06:28 GMT 2
In die laaste tyd het ons baie begin saam werk met; Jefferson Bethke(Mars Hill Church), Mike Burnard(INcontext Ministries) en Lou Engle ( TheCall/ IHOP). Die drie mans se gesprekke oorvleuel mekaar altyd op een hoof punt: PERSPEKTIEF. Vanoggend vroeg was daar 'n e-pos van Jeff af, wat gevra het vir terugvoer oor wat op die stadium in ons land aangaan, en wat die Christelike perspektief is oor al die gebeure. Dit het ons nou aan die dink gekry, daar is soveel dinge wat in ons land aangaan: moorde, verkragtings, stakings, brandstof pryse, krag probleme, water probleme ensovoorts. Hierdie goed maak ons kwaad en dit frustreer ons en met tye maak dit jou sommer hartseer ook, maar wat is die Christelike perspektief ... Hoe kan ons die situasie interpreteer en geleenthede raak sien in hierdie moeilike tyd?
|
|